Wanneer behoort u vir ‘n gehoortoets te gaan? Waarskynlik vroeër as wat u dink! Beantwoord die volgende vrae en sien hoe goed u kan hoor:
- Mompel mense of praat hulle sagter as voorheen?
- Voel u moeg of geïrriteerd na ‘n lang gesprek?
- Mis u soms belangrike woorde in ‘n sin, of moet u gereeld mense vra om hulself te herhaal?
- Wanneer u tussen ‘n groep mense of in ‘n restaurant is, vind u dit moeilik om die gesprek te volg?
- Wanneer u tussen ‘n groep mense is, maak agtergrond geraas dit moeilik om te hoor?
- Moet u gereeld die volume van die TV of radio harder stel?
- Vind u dit moeilik om die telefoon of deurklokkie te hoor lui?
- Vind u dit moeilik om ‘n telefoongesprek te voer?
- Vind u dit moeilik om vas te stel waar sekere klanke vandaan kom?
- Het familielede of vriende al ooit genoem dat u moontlik nie meer goed kan hoor nie?
- Ek hoor mense praat, maar ek kan nie hoor wat hulle sê nie?
Indien u “ja” op enige van hierdie vrae geantwoord het, stel ons voor dat u ons skakel vir ‘n afspraak.
‘n Gekwalifiseerde Oudioloog sal na u en u gehoorbehoeftes omsien. Selfs geringe verlies benodig versterking met behulp van gehoor apparate. Hoekom sukkel om te hoor en te kommunikeer as daar hulp is?
Wat nou gemaak? Kontak u naaste oudioloog om ‘n toets te doen. By Lizelle Gouws Gehoorsentrum bied ons ‘n gratis sifting toets indien u net wil seker maak of u gehoor nog normaal is of is dit nodig om verder te laat toets. Indien ons ‘n verlies identifiseer beveel ons ‘n volledige toets aan. U kan besluit om dit dadelik te doen of ‘n afspraak maak vir ‘n ander dag.