Gehoorverlies

Mens vat die vermoë om te kan hoor so vanselfsprekend, tot die dag wat dit nie meer so goed is as wat dit was nie… Gehoor is een van ons sintuie wat mense met mekaar verbind. Hellen Keller, wat self blind en doof is het gesê: “Blindness cuts us off from things, but deafness cuts us off from people”. 500 Miljoen mense wêreldwyd het gehoorverlies, waarvan veroudering van die gehoor sisteem die grootse oorsaak is, wat 30-50% van mense oor 60 jaar affekteer. Daar is vele oorsake van gehoorverlies:
• Langtermyn geraasblootstelling, bv. industriele geraas
• Oorerflikheid – familie geskiedenis van gehoor verlies
• Siekte wat gehoorverlies veroorsaak
• Medikasie
• Ouderdom
• Fisiese trauma
• Oormatige oorwas

Die oorsaak en graad van gehoorverlies word deur ‘n oudioloog bepaal, en soms in samewerking met ander gesondheids diensverskaffers bv. huis dokter; oor-, neus-, en keelspesialis (ONK). Daar is veskillende tipes gehoorverlies, namens konduktiewe gehoorverlies, sensories-neurale gehoorverlies en gemengde gehoorverlies.

1

Konduktiewe gehoorverlies onstaan indien daar ‘n wasprop in die oorkanaal is of indien die middel oor sisteem nie voldoende klank na die binne oor sisteem gelei nie. Die mees algemeenste oorsaak is middel oor ontsteteking (Otits Media), vog in die middel oor sisteem en Otosklerosis (verkalking van die middel oor beentjies). Behandeling van ‘n konduktiewe gehoor verlies word meestal deur u huis dokter behartig of die ONK-spesialis. Dit is gewoonlik tydelik en verbeter soos die middel oor sisteem gesond word of in die geval was oorwas as die was verwyder word. Verwydering van oorwas kan deur u huisdokter, kliniek suster, oudioloog of ONK-spesialis gedoen word. In die geval van Otosklerosis kan die ONK-spesialis die middel oor beentjies wat verkalk, vervang met ‘n prostese. Dit kan wel gebeur dat die verlies permanent van aard kan wees en dan word gehoor apparate aanbeveel.

2

Sensories-Neurale gehoorverlies kom voor in die binne-oor, en senuwee sisteem. Hierdie is ‘n permanente gehoorverlies en kan met behulp van gehoor apparate behandel word. Die eerste en grootste veroorsakende faktor is veroudering van die sisteem. Navorsing het gevind dat die gehoorsisteem vanaf die ouderdom van 45jaar reeds begin verouder. Dit hang natuurlik van persoon tot persoon af hoe vinnig die veroudering plaasvind. Die gehoorsisteem begin om nie meer so beweeglik te wees nie, en die fyn haarselletjies in die binne oor (koglea) breek af, of gaan lê plat. Dit veroorsaak dat die senuwees nie meer gestimuleer word nie en die klanke word dus nie meer voldoende gehoor nie. Die hoë toonhoogte klanke word eerste geraak en daarom dan dat mens kan agterkom dat mense nie duidelik praat nie. Duidelikheid van spraak word ondersteun deur goeie hoë toonhoogte gehoor en die volume meer deur die lae toonhoogtes.

3

Langtermyn geraasblootstelling speel ook ‘n groot rol in ons land waar vele mans in myne of industriële fabrieke werk of gewerk het. Hier praat ons van geraas vlakke van 85dB en hoër met durasie van maksimum 8ure toelaatbaar volgens die wet. Soos die tipe geraas harder raak per 5dB halveer die toelaatbare blootstelling daaraan. Met ander woorde blootstelling aan geraas van 85dB word toegelaat vir 8 ure, geraasvlakke van 90dB slegs 4ure toelaatbaar, geraasvlakke van 95dB slegs 2 ure toelaatbaar. ‘n Skielike harde klank soos ‘n ontploffing of geweerskoot kan onmiddelike permanente skade aanrig indie koglea wat veroorsaak dat die haarselle dan afbreek. Ons bevind meeste persone met die oorsaak van gehoorverlies ervaar ook ‘n gesuis (tinnutis) in die ore. Meeste mense kla van die sonbesie geraas in my kop. Hieroor sal ons in ‘n volgende artiker inligting verskaf.
‘n Derde oorsaak is wanneer die gehoorverlies oorerflik is. Dit kom voor waar daar ‘n geskiedenis is van familielede wat gehoorverlies het van jonger ouderdom. Dit is gene wat dus oorgedra word wat ‘n verlies aan gehoor gee.

Dan is daar ook seker syndrome en siektes wat gehoor verlies as gevolg kan hê. Om ‘n paar syndrome te noem: Carpenter, Gesplete lip en verhemelte, Fraser, Goldenhar, Downsindroom, Waardenburg, ens. om slegs paar te noem. Siektes sluit in cholesteatoom, middel oor patologië, fasiale verlamming (palsy), beroerte, brein tumor, ens. Meeste van hierdie kondisies kan met behulp van gehoor apparate behandel word, waar dit ‘n mediese geval is word dit eers aangespreek en dan kyk ons na die gebruik van gehoor apparate.

Die laaste waaroor ons hier gaan praat is fisiese trauma. Dit is wanneer die persoon fisiese trauma ervaar teen die oor en kop area geassosieer met gehoor. Dit kan voorkom tydens ‘n motor ongeluk, aanval en die kop word so beseer dat daar ‘n fraktuur is, sport beserings teen die kop, of die persoon val en stamp die kop teen ‘n voorwerp. Eerstens sal ‘n dokter die oor en skedel ondersoek en x-strale laat neem. Soms is dit nodig om ‘n MRI skandering te doen. Mediese intervensie sal eerste geskied en dan sal die dokter die persoon verder verwys na die oudioloog om dan ‘n volledige gehoor toets uit te voer. Indien alle mediese behandeling afgehandel is sal die gebruik van gehoor apparate dan aanbeveel word.

Mense sê baie: “My gehoor is dalk nie meer wat dit moet wees nie, maar dit is normaal vir my ouderdom / ek kom nog oor die weg”. Daar is verskillende grade van gehoor verlies. Dit varieër van gering, gering na gemiddeld, gemiddeld, gemiddeld na ernstig, ernstig en dan totale verlies. Elke persoon se gehoor profies sal anders lyk, soms dieselfde tipe gehoorverlies en selfs ook die graad van verlies kan ooreenstem, maar hoe dit die persoon affekteer verskil hemel breed. Elke persoon ervaar klank op hul eie manier. Twee mense met dieselfde graad en tipe gehoorverlies wat gehoor apparate dra, se verstellings op die apparate sal verskillend wees. Wat die een as plesierig ervaan kan die volgende persoon as irriterend of as geraas ervaar. Daarom is dit so belangrik dat elke persoon se gehoor voorkeure en daaglikse lewenstyl in ag geneem word wanneer dit kom by die besluit oor watter apparaat ons aanbeveel. Die eerste stap wat u moet vat is om ‘n toets te doen om uit te vind waar u gehoor vermoë is.